Kouga local municipality
Tel:+27 (0)42 200 2200
All-hours Emergency:+27 (0)42 291 0250
Alternative Number:+27 (0)42 200 8330
Featured Pages
CUSTOMER SATISFACTION SURVEY CUSTOMER SATISFACTION SURVEY

Please complete our customer satisfaction survey. Your service-delivery experience will help us to determine which improvements need to be prioritised. Click here for electronic versions of the survey in English, Afrikaans and isiXhosa. The closing date is 31 July 2019.

KOUGA CALL CENTRE AND LINK APP KOUGA CALL CENTRE AND LINK APP

Should you wish to report a service fault, please contact the Kouga Call Centre on 042 200 2200. The call centre is open seven days a week from 7:30am to 7pm. Outside these hours faults can be reported at 042 291 0250 or 042 200 8330. Alternatively, click here to download the Link app for easy fault reporting.

SAVE WATER: IT'S THE NEW NORMAL SAVE WATER: IT'S THE NEW NORMAL

Despite the recent rain, drought conditions prevail and water restrictions remain in place. Click here for the latest dam levels.

Last modified: 06 Jul 2018
Back To Index

Drie dae se genot by Jeffreysbaai se wen-makietie

04 July 2018
Kwêla se Therese Benade (middel) was verlede week op Jeffreysbaai vir die reëlings vir die wen-makietie. By haar is lede van die Dorp van die Jaar-komitee Deon Goosen, burgemeester Horatio Hendricks, Leilani Coetsee, Estelle de Beer, Mariza Roux en Laura-Leigh Randall.

Kwêla se Therese Benade (middel) was verlede week op Jeffreysbaai vir die reëlings vir die wen-makietie. By haar is lede van die Dorp van die Jaar-komitee Deon Goosen, burgemeester Horatio Hendricks, Leilani Coetsee, Estelle de Beer, Mariza Roux en Laura-Leigh Randall.

DRIE dae se feesgenot wag in September op Jeffreysbaai, Kwêla se Dorp van die Jaar vir 2018.

Die Jeffreysbaai Kia Makietie sal vanaf Vrydag, 21 September, tot Sondag, 23 September, langs die see by die Jeffreysbaai Karavaanpark plaasvind.

Die makietie is deel van Jeffreysbaai se prys vir die dorp se oorwinning in die Kwêla-kompetisie.

Kouga-burgemeester Horatio Hendricks sê daar is besluit om die makietie oor drie dae te hou, pleks van net een.

“Die amptelike wen-makietie, wat deur Kia geborg word en Kwêla georganiseer word, vind die Saterdagaand plaas.

“Die munisipaliteit en Dorp van die Jaar-komitee het egter, met Kwêla se goedkeuring, besluit om die fees na drie dae uit te brei.

“Jeffreysbaai se mense het baie hard gewerk om die oorwinning te behaal en ons wil vir hulle ordentelik dankie sê.”     

Die komitee en Kwêla is reeds besig om die naweek se program saam te sit.

“Daar gaan groot name wees wat optree oor die drie dae,” sê Joe Ferreira, voorsitter van die Kouga Besigheidsforum en Dorp van die Jaar-komitee.

“Kunstenaars wat reeds bevestig is, sluit in Emo Adams, Willem Botha en Elandre Schwartz.”

Volgens die burgemeester, sal die klem val op vermaak vir die hele familie.

“Jeffreysbaai is ‘n perfekte vakansiebestemming vir families. Daar sal dus vermaak en aktiwiteite vir oud en jonk wees.”

Daar sal ook stalletjies wees oor die drie dae. Enigeen wat ‘n stalletjie wil bespreek, insluitende kerke en skole, kan aansoek doen deur ‘n epos te stuur aan kwelamakietie@gmail.com.

Die makietie sal opgeneem en uitgesaai word deur Kwêla. Die gemeenskapsradiostasie, Luister FM, sal ook Vrydag en Saterdag vanaf die fees uitsaai.