Kouga local municipality
Tel:+27 (0)42 200 2200
All-hours Emergency:+27 (0)42 291 0250
Alternative Number:+27 (0)42 200 8330
Featured Pages
KOUGA CALL CENTRE AND LINK APP KOUGA CALL CENTRE AND LINK APP

Should you wish to report a service fault, please contact the Kouga Call Centre on 042 200 2200. The call centre is open seven days a week from 7:30am to 7pm. Outside these hours faults can be reported at 042 291 0250 or 042 200 8330. Alternatively, click here to download the Link app for easy fault reporting.

SAVE WATER: IT'S THE NEW NORMAL SAVE WATER: IT'S THE NEW NORMAL

Despite the recent rain, drought conditions prevail and water restrictions remain in place. Click here for the latest dam levels.

DRAFT COASTAL MANAGEMENT PROGRAMME DRAFT COASTAL MANAGEMENT PROGRAMME

The Draft Coastal Management Programme for the Sarah Baartman District Municipality, including Kouga, has been published in the Provincial Gazette for public comment. Click here to access and download the relevant documents.

Last modified: 30 Apr 2019
Back To Index

Groot name tree op by JBay Makiti

12 April 2019
ADAM

ADAM

Brendan Peyper

Brendan Peyper

Corlea Botha

Corlea Botha

Early B

Early B

Fatman

Fatman

Tarryn Lamb

Tarryn Lamb

Top Suid-Afrikaanse kunstenaars sal sorg vir vermaak uit die boonste rakke by die 2019 JBay Makiti.

Die eerste JBay Makiti vind vanaf 20 tot 22 September by die Jeffreysbaai Karavaanpark plaas en is ‘n voortbouing op die KIA Makietie Jeffreysbaai wat verlede jaar gehou is om Jeffreysbaai se oorwinning in die Kwêla Dorp van die Jaar-kompetisie te vier.

“Van Suid-Afrika se top kunstenaars is reeds vasgemaak vir die JBay Makiti,” sê Horatio Hendricks, Kouga se uitvoerende burgemeester.

“Verlede jaar se wen-makietie was ‘n reuse sukses en ons sien uit daarna om vanjaar nog ‘n groter en beter fees vir ons inwoners en besoekers te kan aanbied.”

Van die groot name wat op die verhoog te sien sal wees, is die immergewilde Elvis Blue, Bloemfontein se blou-oog boerseun Brendan Peyper, Afrikaanse rock-sanger Dewald Wasserfall en die musiekgroep ADAM.

Ghoema-wenner Early B, ‘n rapper bekend vir sy skerp sin vir humor, en die alombekende Fatman, wat Suid-Afrikaners se harte gesteel het op The Voice SA, is ook reeds vasgemaak vir die Makiti.

Feesgangers kan daarnaas uitsien na optredes deur die Kaapse sangsensasie Tarryn Lamb, Die Kontrak-wenner Demi-Lee Moore en die sangeres met die engelstem, Corlea Botha.

“Jeffreysbaai is die ideale vakansieplek vir die hele familie. Daar sal dus tonne pret vir die jong span wees, insluitende pretritte en ‘n besoek van Buster die Brak en Bella,” sê Hendricks.

“Ons beoog om die JBay Makiti ‘n jaarlike instelling te maak, sodat Kouga die plek word om te wees tydens die September-skoolvakansie.”     

Naas die musiek en kindervermaak, sal daar ook heerlike eetgoed, kuns- en handwerkstalletjies, uitstallings, ‘n biertent en wyntuin wees.

Kaartjies vir die JBay Makiti sal eersdaags beskikbaar wees by www.quicket.co.za.

Aansoeke vir stalletjies by die Makiti kan voorts tot 30 Junie ingedien word. Die aansoekvorms is beskikbaar by die Makiti se Facebook-blad by www.facebook.com/JBayMakiti/ of stuur ‘n epos na jbaymakiti@gmail.com