Kouga local municipality
Tel:+27 (0)42 200 2200
All-hours Emergency:+27 (0)42 291 0250
Alternative Number:+27 (0)42 200 8330
Featured Pages
KOUGA CALL CENTRE AND LINK APP KOUGA CALL CENTRE AND LINK APP

Should you wish to report a service fault, please contact the Kouga Call Centre on 042 200 2200. The call centre is open seven days a week from 7:30am to 7pm. Outside these hours faults can be reported at 042 291 0250 or 042 200 8330. Alternatively, click here to download the Link app for easy fault reporting.

SAVE WATER: IT'S THE NEW NORMAL SAVE WATER: IT'S THE NEW NORMAL

Despite the recent rain, drought conditions prevail and water restrictions remain in place. Click here for the latest dam levels.

DRAFT COASTAL MANAGEMENT PROGRAMME DRAFT COASTAL MANAGEMENT PROGRAMME

The Draft Coastal Management Programme for the Sarah Baartman District Municipality, including Kouga, has been published in the Provincial Gazette for public comment. Click here to access and download the relevant documents.

Last modified: 28 Sep 2018
Back To Index

Hope plaaslike talent by die Makietie

21 September 2018
Die Aqua Ritmiese Gimnastiekklub tree Vrydag by die Makietie op voor hulle Oostenryk toe gaan om deel te neem aan die 2019 Wereld Gimnaestrada. Die groep sluit in (agter) Monique Kleingeldt, Zimbini Quza, Nazneen Hammond, Leane' Muller, Engela Dempsey, Elizna Heymans, Kayla Oosthuizen, (voor) Aubralene August, Kayla Lotter, Kima Strydom, Alet Bezuidenhout, Simone' van Jaarsveld, Karla Muller en Heulen Dempsey.

Die Aqua Ritmiese Gimnastiekklub tree Vrydag by die Makietie op voor hulle Oostenryk toe gaan om deel te neem aan die 2019 Wereld Gimnaestrada. Die groep sluit in (agter) Monique Kleingeldt, Zimbini Quza, Nazneen Hammond, Leane' Muller, Engela Dempsey, Elizna Heymans, Kayla Oosthuizen, (voor) Aubralene August, Kayla Lotter, Kima Strydom, Alet Bezuidenhout, Simone' van Jaarsveld, Karla Muller en Heulen Dempsey.

Verskeie plaaslike kunstenaars sal feesgangers vermaak by Jeffreysbaai se Kwêla Dorp van Jaar makietie die naweek.

 

Die KIA Makietie Jeffreysbaai vind plaas by die Jeffreysbaai Karavaanpark in Da Gamaweg vanaf 3nm op Vrydag tot 3nm op Sondag, 23 September.

 

Die verhoogprogram skop Vrydag om 5nm af met twee plaaslike groepe, die Happy Feet-lyndansers en Aqua Ritmiese Gimnastiekklub, wat eersdaags deelneem aan die 2019 Wêreld Gimnaestrada in Oostenryk.

 

“Ons is baie opgewonde dat ons hierdie talentvolle jong mense sal kan sien optree voordat hulle oorsee gaan,” sê Kouga-burgemeester Horatio Hendricks.  

 

Kouga se brandweer sal Saterdag om 11vm parade hou en die Sea Vista-kadette sal om 5:30nm die toon aangee vir die groot Kwêla-program wat om 6nm begin.

 

Hoof organiseerder, Leilani Coetsee, sê plaaslike skole is ook betrek en dat meer as 200 leerders hul talent ten toon sal stel vanaf 11vm tot 1nm op Saterdag.  

 

Ander plaaslike kunstenaars wat Saterdag sal optree, sluit in sangers Annabelle Hift en Frikkie Mulder.

 

Sondag se program sal op ‘n gewyde noot begin, met verskeie kerke wat by die feesterrein saamkom om diens te hou. Die “Victory Church Worship Band”, NG Kerk Jubelkoor, Kouga munisipale koor en verskeie plaaslike gospelsangers sal deur die loop van die oggend optree.

 

Die makietie sluit die middag op ‘n klassieke noot af met plaaslike kunstenaars Franz Geldenhuys, Menno Mostert en Petri van Blommenstein.