Kouga local municipality
Tel:+27 (0)42 200 2200
All-hours Emergency:+27 (0)42 291 0250
Alternative Number:+27 (0)42 200 8330
Featured Pages
KOUGA CALL CENTRE AND LINK APP KOUGA CALL CENTRE AND LINK APP

Should you wish to report a service fault, please contact the Kouga Call Centre on 042 200 2200. The call centre is open seven days a week from 7:30am to 7pm. Outside these hours faults can be reported at 042 291 0250 or 042 200 8330. Alternatively, click here to download the Link app for easy fault reporting.

SAVE WATER: IT'S THE NEW NORMAL SAVE WATER: IT'S THE NEW NORMAL

Despite the recent rain, drought conditions prevail and water restrictions remain in place. Click here for the latest dam levels.

DRAFT COASTAL MANAGEMENT PROGRAMME DRAFT COASTAL MANAGEMENT PROGRAMME

The Draft Coastal Management Programme for the Sarah Baartman District Municipality, including Kouga, has been published in the Provincial Gazette for public comment. Click here to access and download the relevant documents.

Last modified: 02 Aug 2018
Back To Index

Kurt Darren, Dr Victor kuier saam by Jeffreysbaai se wen-makietie

02 August 2018
Kurt Darren en Dr Victor tree op by die Jeffreysbaai Kia Makietie.

Kurt Darren en Dr Victor tree op by die Jeffreysbaai Kia Makietie.

Twee groot Suid-Afrikaanse kunstenaars sal sorg vir vermaak uit die boonste rakke by die Jeffreysbaai Kia Makietie in September.

 

Kurt Darren en Dr Victor vervang Emo Adams en Leah. Hulle optredes word geborg deur Kia, een van die hoofborge van Kwêla se Dorp van die Jaar-kompetisie.

 

Jeffreysbaai het in Junie die Dorp van die Jaar-titel gewen. Die makietie is deel van die wenprys en vind plaas vanaf Vrydag, 21 September, tot Sondag, 23 September, by die Jeffreysbaai Karavaanpark.

 

Die Kwêla-span sal ook daar wees om die makietie te verfilm en Luister FM sal vanaf die feesterrein uitsaai.

 

“Ons is baie opgewonde dat twee sulke groot name bevestig is vir die program,” sê Joe Ferreira, voorsitter van die Kouga Besigheidsforum en hoof van die makietie se beplanningskomitee.

 

Ander kunstenaars op die program sluit in Lollos vir die kleinspan, Wynand & Chereé, Frikkie Muller, The Triangles, Rooies en Gerhard de Jager van Luister FM.

 

“Ons wil graag families van regoor die Oos-Kaap nooi om by ons te kom aansluit vir die naweek,” sê Kouga-burgemeester Horatio Hendricks.  

 

“Jeffreysbaai was die Oos-Kaapse verteenwoordiger in die Kwêla-kompetisie en die dorp se oorwinning was ‘n oorwinning vir die provinsie as ‘n geheel.”

 

Daar is nog stalletjie-plek beskikbaar vir die naweek. Belangstellendes kan aansoek doen vir ‘n stalletjie deur ‘n epos te stuur aan kwelamakietie@gmail.com of bel Estelle by 082 824 3124.