Kouga local municipality
Tel:+27 (0)42 200 2200
All-hours Emergency:+27 (0)42 291 0250
Alternative Number:+27 (0)42 200 8330
Featured Pages
CUSTOMER SATISFACTION SURVEY CUSTOMER SATISFACTION SURVEY

Please complete our customer satisfaction survey. Your service-delivery experience will help us to determine which improvements need to be prioritised. Click here for electronic versions of the survey in English, Afrikaans and isiXhosa. The closing date is 31 July 2019.

KOUGA CALL CENTRE AND LINK APP KOUGA CALL CENTRE AND LINK APP

Should you wish to report a service fault, please contact the Kouga Call Centre on 042 200 2200. The call centre is open seven days a week from 7:30am to 7pm. Outside these hours faults can be reported at 042 291 0250 or 042 200 8330. Alternatively, click here to download the Link app for easy fault reporting.

SAVE WATER: IT'S THE NEW NORMAL SAVE WATER: IT'S THE NEW NORMAL

Despite the recent rain, drought conditions prevail and water restrictions remain in place. Click here for the latest dam levels.

Last modified: 13 Sep 2018
Back To Index

Lollos en Lettie kom die kinders vermaak

10 September 2018
Lollos en Lettie kuier Saterdag, 22 September, om 10vm by die makietie.

Lollos en Lettie kuier Saterdag, 22 September, om 10vm by die makietie.

Lollos en Lettie kom vier hulle 10de bestaansjaar by die Kia Makietie Jeffreysbaai volgende naweek.

 

Die gewilde karakters tree Saterdag, 22 September, om 10vm by die makietie op.

 

Hul op-en-wakker vertoning, "Lollos en Lettie: 10 jaar basaar", is 'n terugskou op al die grootste Lollos-treffers en stories. 

 

Die gehoor kan uitsien na groot gunstelinge soos “Die Krokodille”, “Die Paddakonsert”, “Spring op!”, “Die Kiem” en vele meer.

 

"Oud en jonk sal saam wil sing en dans," belowe Leilani Coetsee, hoof organiseerder van die fees.

 

Naas die vertoning, sal daar ook Fun4U pretritte en 'n speelarea vir kinders  by die makietie wees. 

 

"Jeffreysbaai is 'n familie dorp en ons wil graag hê dat almal lekker saam moet kan kuier. Die makietie sal dus voorsiening maak vir alle ouderdomsgroepe," sê sy.

 

"Graag nooi ons almal om Jeffreysbaai se oorwinning in die Kwêla Dorp van die Jaar-kompetisie te kom vier."

 

Die makietie vind plaas vanaf 21 tot 23 September by die Jeffreysbaai Karavaanpark in Da Gamaweg.