Kouga local municipality
Tel:+27 (0)42 200 2200
Fax:+27 (0)42 200 8606
All-hours Emergency:+27 (0)42 291 0250
Alternative Number:+27 (0)42 200 8330
Featured Pages
CUSTOMER SATISFACTION SURVEY CUSTOMER SATISFACTION SURVEY

Kouga is conducting a customer satisfaction survey to determine how residents experience service delivery and where improvements must be prioritised. Click here for electronic versions of the survey in English, Afrikaans and isiXhosa. The closing date is 18 July 2018.

KOUGA CALL CENTRE AND LINK APP KOUGA CALL CENTRE AND LINK APP

Should you wish to report a service fault, please contact the Kouga Call Centre on 042 200 2200. The call centre is open seven days a week from 7:30am to 7pm. Outside these hours faults can be reported at 042 291 0250 or 042 200 8330. Alternatively, click here to download the Link app for easy fault reporting.

SAVE WATER: 50 LITRES PER PERSON PER DAY SAVE WATER: 50 LITRES PER PERSON PER DAY

As drought conditions prevail, residents are asked to limit their usage to 50 litres of water per person per day. Click here for the latest dam levels.

Last modified: 31 Jul 2017
Back To Index

Noodtariewe vir water vanaf Augustus

28 July 2017
Kouga sal vanaf Augustus Skedule C-noodtariewe (die derde voorbeeld) implementeer. Die voorbeeld is uitgewerk vir ‘n huishouding wat 27kl water per maand verbruik. Skedule B-tariewe (die tweede voorbeeld) is die afgelope ses maande in gebruik.

Kouga sal vanaf Augustus Skedule C-noodtariewe (die derde voorbeeld) implementeer. Die voorbeeld is uitgewerk vir ‘n huishouding wat 27kl water per maand verbruik. Skedule B-tariewe (die tweede voorbeeld) is die afgelope ses maande in gebruik.

Skerp tariefverhogings en ‘n groter verbod op waterverbruik staar Kouga-inwoners in die gesig.

Kouga-burgemeester Elza van Lingen het vandeesweek aangekondig dat die munisipaliteit se noodtariewe vir water (skedule C van die goedgekeurde watertariewe) in werking sal tree vanaf 1 Augustus 2017.

Noodtariewe word ook reeds toegepas in die Nelson Mandelabaai Metro, wat hul water vanaf dieselfde damme as Kouga kry.

"Die voortslepende droogte laat ons ongelukkig geen keuse nie," het die burgemeester gesê.

"Water is kosbaar en met die damme wat leegloop, is elke druppel water goud werd. Ons doen ’n ernstige beroep op alle inwoners en besighede om minder water te gebruik, andersins sit ons eersdaags met droë krane.”

Kouga het voorts opdrag vanaf die Departement van Water en Sanitasie gekry om waterverbruik met 25% te sny. Die Departement is die nasionale owerheid verantwoordelik vir die land se waterbronne en het ook dieselfde opdrag aan die Metro gegee.

"Dis ‘n groot sny. Basies moet ons almal nou 'n kwart minder water as gewoonlik gebruik. Die besparing is nodig sodat die bietjie water wat ons het, so lank moontlik kan hou," het Van Lingen gesê.

Die Kouga-raad het die munisipale area reeds in Mei tot plaaslike rampsgebied verklaar. Skedule B-tariewe en waterbeperkings is sedert die begin van die jaar in werking.  

"Die rampsverklaring is sedertdien gepromulgeer wat die munisipaliteit in staat stel om vir noodbefondsing vanaf die provinsiale en nasionale regerings aansoek te doen,” het die burgemeester gesê.

“Die noodplan sal ook eersdaags voor die raad gelê word en sal, onder meer, noodmaatreëls soos die sink van ekstra boorgate en waterherwinning-opsies insluit.”

Volgens die Skedule C-noodtariewe, styg die prys wat inwoners vir water sal moet betaal vanaf R8,87 (BTW uitgesluit) tot R11,63 (BTW uitgesluit) vir die eerste 12kl. Verbruik hoër as 12kl sal aangeslaan word teen R29,34/kl (BTW uitgesluit).