Kouga local municipality
Tel:+27 (0)42 200 2200
All-hours Emergency:+27 (0)42 291 0250
Alternative Number:+27 (0)42 200 8330
Featured Pages
CUSTOMER SATISFACTION SURVEY CUSTOMER SATISFACTION SURVEY

Please complete our customer satisfaction survey. Your service-delivery experience will help us to determine which improvements need to be prioritised. Click here for electronic versions of the survey in English, Afrikaans and isiXhosa. The closing date is 31 July 2019.

KOUGA CALL CENTRE AND LINK APP KOUGA CALL CENTRE AND LINK APP

Should you wish to report a service fault, please contact the Kouga Call Centre on 042 200 2200. The call centre is open seven days a week from 7:30am to 7pm. Outside these hours faults can be reported at 042 291 0250 or 042 200 8330. Alternatively, click here to download the Link app for easy fault reporting.

SAVE WATER: IT'S THE NEW NORMAL SAVE WATER: IT'S THE NEW NORMAL

Despite the recent rain, drought conditions prevail and water restrictions remain in place. Click here for the latest dam levels.

Last modified: 01 Oct 2018
Back To Index

Suksesvolle Makietie lok duisende

25 September 2018
Parlementslid Dr Malcolm Fig, Kouga-burgemeester Horatio Hendricks en Sarah Baartman-distriksraadslid Henni Britz tydens die openingsaand

Parlementslid Dr Malcolm Fig, Kouga-burgemeester Horatio Hendricks en Sarah Baartman-distriksraadslid Henni Britz tydens die openingsaand


Kouga se brandweer en die Sea Vista-seekadette het Saterdag parade gehou by die KIA Makietie Jeffreysbaai.

Kouga se brandweer en die Sea Vista-seekadette het Saterdag parade gehou by die KIA Makietie Jeffreysbaai.

Meer as 10 000 mense het die naweek op Jeffreysbaai se karavaanpark toegesak om die dorp se oorwinning in die 2018 Kwêla Dorp van die Jaar-kompetisie te vier.

Die KIA Makietie Jeffreysbaai is deur inwoners en besoekers van heinde en ver ondersteun. Die fees het vanaf Vrydag tot Sondag, 21 tot 23 September, plaasgevind.

“Die makietie was ‘n reuse sukses. Die komplimente hou nie op met instroom nie,” sê Kouga-burgemeester Horatio Hendricks.

“Baie dankie aan almal wat ‘n bydrae gelewer het, vernaam die feeskomitee wat die leiding geneem het.

“Die samewerking tussen die onderskeie rolspelers was ongelooflik. Dit was weereens ‘n bewys van wat Jeffreysbaaiers kan verrig wanneer hulle saamstaan.

“Ons kyk reeds daarna om dit ‘n jaarlike instelling te maak.”   

Van die land se top kunstenaars het by die makietie opgetree en is uitstekend ondersteun deur plaaslike talent.

Die Happy Feet-lyndansers en Aqua Ritmiese Gimastiekklub het toeskouers die Vrydagmiddag vermaak voor die gewilde Klawer en Wynand & Chereé aan die beurt gekom het. Die aand is afgesluit deur die Triangles-boereorkes, wat die gehoor behoorlik aan die skoffel gehad het. 

Die kleinspan was vroeg Saterdag in hul hordes by die makietie vir Lollos en Lettie se “10 Jaar Basaar”, gevolg deur skitter vertonings deur plaaslike leerders in “Jeffreys Bay’s Got Talent”. 

Nog ‘n hoogtepunt die oggend was ‘n parade deur Kouga se brandweer en die Sea Vista-seekadette, wat deur die polisie se berede eenheid vergesel is.

Die hoofprogram het om 6nm gevolg, met top kunstenaars Willem Botha, Kurt Darren en Dr Victor & the Rasta Rebels, wat die groot skare tot laat die aand vermaak het.  

Meer as ‘n duisend kerkgangers het Sondagoggend by die makietie bymekaar gekom vir ‘n gesamentlike diens, met Johnny Louw as prediker en optredes deur die “Victory Worship Band”.

Dit is gevolg deur verskeie koor- en gospeloptredes deur, onder meer, die NG Kerk Jubelkoor en Kouga munisipale koor.

“Met 80 stalletjies was daar oorgenoeg eet- en drinkgoed om feesgangers gelukkig  te hou,” sê Chris de Vos, wat al drie dae by die fees was om foto’s te neem.

“Die terrein en toiletfasiliteite was ook voortdurend silwerskoon gehou deur die munisipaliteit,” prys hy. 

“Jeffreysbaaiers het die naweek met trots bewys dat die dorp nie slegs die titel van ‘Dorp Van Die Jaar 2018’ verdien nie, maar dat die gemeenskap ook van die beste feeste in die land kan organiseer,” was die kommentaar van die Kyknet Kwêla-span.