Kouga local municipality
Tel:+27 (0)42 200 2200
All-hours Emergency:+27 (0)42 291 0250
Alternative Number:+27 (0)42 200 8330
Featured Pages
CORONAVIRUS COVID-19 INFO CORONAVIRUS COVID-19 INFO

South African President Cyril Ramaphosa declared a national State of Disaster on 15 March 2020 to prepare the country for the possible spread of the Coronavirus Covid 19. Click here for information.

KOUGA CALL CENTRE AND LINK APP KOUGA CALL CENTRE AND LINK APP

Should you wish to report a service fault, please contact the Kouga Call Centre on 042 200 2200. The call centre is open seven days a week from 7:30am to 7pm. Outside these hours faults can be reported at 042 291 0250 or 042 200 8330. Alternatively, click here to download the Link app for easy fault reporting.

SAVE WATER: IT'S THE NEW NORMAL SAVE WATER: IT'S THE NEW NORMAL

Despite the recent rain, drought conditions prevail and water restrictions remain in place. Click here for the latest dam levels.

Last modified: 25 Sep 2019
Back To Index

Wêreldbeker-rugby by die Makiti

13 September 2019
Die jong klomp kan hul gunsteling kinder-karakters leer ken terwyl die grootmense rugby kyk.

Die jong klomp kan hul gunsteling kinder-karakters leer ken terwyl die grootmense rugby kyk.

Rugbykoors gaan Saterdag hoog loop by die JBay Makiti.

Die Springbokke se Wêreldbeker-rugbywedstryd teen die All Blacks sal regstreeks op twee groot skerms by die fees uitgesaai word.

“Ons is baie opgewonde dat feesgangers die wedstryd saam sal kan geniet,” sê Kouga-burgemeester Horatio Hendricks.

“Die feesterrein word so uitgelê dat daar klomp kuierplekke gaan wees en ons glo die gees gaan fantasties wees.”

Hy sê ouers word ook aangemoedig om die jong klomp saam te bring.

“Buster en sy marmot sussie Bella sal sorg vir kindervermaak uit die boonste rakke voor die rugby afskop.

“Twaalf ander kinder-karakters, insluitende die Minions en Paw Patrol, sal ook Saterdag en Sondag by die fees wees om met die jong klomp te kuier.”

Dagkaartjies vir die Saterdag kos R40 vir kinders tussen vyf en 12 jaar oud, R90 vir volwassenes en R50 vir pensionarisse en Sassa-kaarthouers. Toegang is gratis vir kinders vier jaar oud en jonger. Naweekkaartjies teen afslagpryse is ook beskikbaar aanlyn by www.quicket.co.za

Saterdag se program sluit ook in vertonings deur die “Country Legends”, Brendan Peyper, Dewald Wasserfall, Tarryn Lamb en Adam.

Die JBay Makiti vind vanaf Vrydag tot Sondag, 20 tot 22 September, by die Jeffreysbaai Karavaanpark plaas.