NULL Kouga local municipality
Tel:+27 (0)42 200 2200
All-hours Emergency:+27 (0)42 291 0250
Alternative Number:+27 (0)42 200 8330
Last modified: 10 Jun 2019
Back To Index

Makiti-kaartjies beskikbaar by Quicket

07 June 2019

Kaartjies vir die JBay Makiti is nou beskikbaar aanlyn by www.quicket.co.za.

Die JBay Makiti vind vanaf 20 tot 22 September by die Jeffreysbaai Karavaanpark plaas.

Spesiale naweekkaartjies, wat slegs beskikbaar is aanlyn, kos R150 vir volwassenes en pensionarisse en R60 vir kinders tussen 5 en 12 jaar oud.

Dagkaartjies is ook beskikbaar aanlyn. Volwasse kaartjies kos R70 vir die Vrydag, R90 vir Saterdag en R70 vir Sondag. Pensionaris-kaartjies kos R50 per dag. Kinders tussen 5 en 12 jaar oud betaal R20 vir Vrydag, R40 vir Saterdag en R20 vir Sondag.    

“Van Suid-Afrika se top kunstenaars sal optree,” sê Horatio Hendricks, Kouga se uitvoerende burgemeester.

Van die groot name wat op die verhoog te sien sal wees, is die immergewilde Elvis Blue, Bloemfontein se blou-oog boerseun Brendan Peyper, Afrikaanse rock-sanger Dewald Wasserfall en die musiekgroep ADAM.

Ghoema-wenner Early B, ‘n rapper bekend vir sy skerp sin vir humor, en die alombekende Fatman, wat Suid-Afrikaners se harte gesteel het op The Voice SA, is ook reeds vasgemaak vir die Makiti.

Feesgangers kan daarnaas uitsien na optredes deur die Kaapse sangsensasie Tarryn Lamb, Die Kontrak-wenner Demi-Lee Moore en die sangeres met die engelstem, Corlea Botha.

“Jeffreysbaai is die ideale vakansieplek vir die hele familie. Daar sal dus tonne pret vir die jong span wees, insluitende pretritte en ‘n besoek van Buster die Brak en Bella,” sê Hendricks.

Naas die musiek en kindervermaak, sal daar ook heerlike eetgoed, kuns- en handwerkstalletjies, uitstallings, ‘n biertent en wyntuin wees.

Aansoeke vir stalletjies by die Makiti kan voorts tot 30 Junie ingedien word. Die aansoekvorms is beskikbaar by die Makiti se webblad op www.jbaymakiti.net, op die Facebook-blad by www.facebook.com/JBayMakiti/ of stuur ‘n epos na jbaymakiti@gmail.com