Skibootklub na buurtwag oorgedra
Die Skibootklub in Paradysstrand is vroeër die maand amptelik aan “Paradise Watch”, Paradysstrand se buurtwag. oorhandig.
Raadslid vir Wyk 12, Ben Rheeder, het die amptelike oorhandiging gedoen.
“Ons is baie dankbaar vir die fasiliteit wat van nou af as basis vir die buurtwag gaan dien,” sê Riaan Kolesky, voorsitter van Paradise Watch.
“Funksies vir die hele gemeenskap gaan hier gereël word. Na opknapping, sal dit ook beskikbaar gestel word vir klein funksies. Die fondse sal na die buurtwag gaan. Inwoners sal op die buurtwag se nuusbrief/whatsapp groepe op hoogte gehou word.”
Die gebou gaan ook die brandbestrydingswaentjie akkommodeer wat Paradysstrand onlangs uit die Kouga Wykskomitee Fonds ontvang het. Die beplande kamerastelsel sal voorts hier geïnstalleer word wat toegang tot Paradysstrand gaan monitor.
Na die vergadering met die gemeenskap, wat goed bygewoon was, is die dag met ’n gesellige braai afgesluit.