Erkenning vir 50 jaar diens
05 Apr 2017
Appolus Potgieter (middel) het Vrydag die tuig neergelê na 50 jaar se diens by Kouga-munisipaliteit. Burgemeester Elza van Lingen (links) en Speaker Horatio Hendricks het by ‘n raadsvergadering erkenning aan dié knap en lojale lid van Jeffreysbaai se Elektriese Departement gegee. “Dit gaan baie moeilik wees om ‘n ervare werknemer soos u te vervang,” het die burgemeester gesê. “Baie dankie vir alles wat u vir Kouga se mense en die munisipaliteit oor die baie jare gedoen het.” Paul, soos Appolus onder sy kollegas bekendstaan, het in 1967 as ‘n 15-jarige by die munisipaliteit begin werk .