DIE Kouga-munisipaliteit sal oor die volgende vier maande R900 000 spandeer om ’n nuwe rioolpompstasie in Loerieheuwel te bou.
Volgens Fumanekile Lloyd, portfolio raadslid vir Tegniese Dienste, is die pompstasie nodig vir die nuwe Hop-huise wat tans in die gebied gebou word.
Die behuisingsprojek bestaan uit altesaam 273 huise.
Lloyd sê dat die pompstasie na verwagting oor vier maande klaargebou sal wees.
’n Gemeenskap-skakeloffisier, Bonelwa Nama Kondile, is reeds aangestel. Sy sal die skakel tussen die kontrakteur, Civil Construction Skills Training (CCST) van Humansdorp, en plaaslike inwoners wees. Izizwe Consultants is die konsultante.
Cathy Madikane, van CCST, sê dat ten minste 80% van die werkers vir dié projek afkomstig sal wees van die plaaslike gemeenskap.
“Die opleiding en bemagtiging van inwoners is altyd ’n belangrike aspek van projekte soos hierdie.”