Opsigter tree af na 32 jaar
02 Apr 2015
VAARWEL: Kouga-munisipaliteit het aan die einde van Maart 2015 vaarwel gese vir een van sy groot staatmakers, Henry Marais (middel). "Oom Henry", soos die opsigter van Jeffreysbaai alom bekend is, het afgetree na 32 jaar se diens aan die munisipaliteit. Die Parke en Reiniging-afdeling van die munisipaliteit het verlede week vir Oom Henry 'n afskeidfunksie gehou, waar hy bedank is vir sy bydra tot die gemeenskap en alle voorspoed toegewens is vir sy aftrede. Met hom op die foto is Paulus Smith, Edo Madatt, Moses Ngcayisa en Johannes Augustus.