Ref No:N186/2010-1
Status:
Start Date:16 Sep 2010
Closing Date:18 Oct 2010
KOUGA MUNISIPALITEIT (OK108)
KENNISGEWINGNOMMER: 186/2010
OPENBARE KENNISGEWING – KOMMENTAAR BENODIG:-
VOORSTEL VIR ONTWIKKELING EN OPRIG VAN LAE KOSTE BEHUISING IN DIE
GEBIED VAN DIE KRUISFONTEIN DORPSAANLEG (HUMANSDORP)
Die Kouga Munisipaliteit gee hiermee kennis van sy voorneme om ‘n voorstel vir die ontwikkeling en oprig van lae koste behuising in die gebied van die Kruisfontein, Humansdorp, ingevolge Gedeelte 13 van die Munisipale Finansiëlebestuurswet Nr 56 van 2003 (Die Wet) gelees tesame met Gedeelte 37 van die Kouga Munisipale Voorsieningsbronbestuursbeleid met betrekking tot ‘n ongevraagde bod, te oorweeg.
Daar is ‘n dringende behoefte vir die oprig en uitbouing van lae koste behuising, onder andere in die Kruisfontein gebied. Ondanks die dringendheid, word voldoende befondsing eers gedurende verloop van die 2011/2012 finansiële jaar, verwag.
‘n Voorstel is deur Tauris Garden Trading 500 CC (Die Aansoeker) ingedien, in terme waarin die Aansoeker die onmiddellike ontwikkeling en oprig van 2500 eenhede in die Kruisfontein, Humansdorp voorstel, waardeur hul, hul eie kapitaal en hulpbronne sal voorsien, totdat befondsing van die tersaaklike Provinsiale Department beskikbaar gestel word.
Die verwante betalingsvoorwaardes sal op ‘n streng “RENTELOSE†grondslag geskied en op die toepaslike tarief, soos vasgestel en voorgeskryf deur die Minister van die Department van Behuising/Mensenedersettings, ten tye van beskikbaarheid van befondsing. (Welke befondsing nie binne vyf maande vanaf datum van hierdie kennisgewing verwag word nie.)
Die voormelde bod skyn enig en uniek van aard te wees wat buitengewone voordele aanbied, insluitend kostebesparingsvoordele en dit blyk dat daar nie ‘n ander Diensteverskaffer is wat bereid is om ‘n soortgelyke voorstel te maak nie.
In teenstelling met die voormelde voorstel, het historiese kontrakteurs, konstruksiedienste op ‘n 30/60 (dertig tot sestig) dag vergoedingbasis en oorbrugging finansiële instansies het voorsiening van befondsing streng op die grondslag van rente betaalbaar op enige kapitale voorskotte.
In die geval dat die voormelde voorstel aanvaar word, sal die moontlike voordele die vinnige verwerfing van behuising diensteverskaffing aan veelbehoeftige lede van die gemeenskap insluit, terwyl dit nie ‘n skuldlas vir die Munisipaliteit veroorsaak nie.
Die voormelde voorstel word derhalwe vir oorweging bekend gemaak, ingevolge Gedeelte 113 van die Wet.
‘n Uitnodiging word hierdeur, ingevolge Gedeelte 37 van die Munisipale Voorsieningsbron Bestuursbeleid, word ‘n beroep op alle Verskaffers en lede van die publiek gedoen, om geskrewe kommentaar, verwant aan die voormelde voostel, binne 30 (dertig) dae vanaf datum van hierdie kennisgewing aan die volgende adres te voorsien: Munisipale Bestuurder, Kouga Munisipaliteit, 33 Da Gamaweg, Jeffreysbaai, 6330, voor of op 18 Oktober 2010 om 12:00.
Navrae in die verband kan regstreeks aan Mnr Gordon Olivier by telefoonnommers 042-2002236 / 082 651 0145 gerig word.
DR EM RANKWANA Posbus 21
MUNISIPALE BESTUURDER Jeffreysbaai
6330
VIR PUBLISERING: 17 SEPTEMBER 2010
Die Burger
Munisipale Webblad
Munisipale Kennisgewingborde