Ref No:N128/2014
Status:
Start Date:30 Sep 2014
Closing Date:30 Oct 2014
KOUGA MUNISIPALITEIT (OK108)
KENNISGEWINGNOMMER: 128/2014
OPHEFFING VAN BEPERKINGS
Kennis word hiermee kragtens Artikel 3(6) van die Wet op die Opheffing van Beperkings, 1967 (Wet 84 van 1967) gegee dat onderstaande aansoeke ontvang is en ter insae lê by Kamer 4178, Vierde Verdieping, Kantoor van Behuising en Plaaslike Regering : Oos-Kaap, Tyamzashe-gebou, Civic Square, Bhisho en in die kantoor van die Kouga Munisipaliteit, Da Gamaweg 33, Jeffreysbaai. Enige besware, volledig gemotiveer, moet skriftelik binne 21 dae vanaf publikasie van hierdie kennisgewing by die Munisipale Bestuurder, Posbus 21, Jeffreysbaai, met verwysing na die erfnommer, ingedien word.
ERF 389, HUMANSDORP (QUEENSTRAAT)
Aansoeker : Maarschalk & Vennote
Aard van aansoek: Die opheffing van die titelvoorwaardes van toepassing op Erf 389, Humansdorp vir ontwikkelingsdoeleindes.
6330
Kouga Express : 2 & 9 Oktober 2014
Munisipale Kennisgewingsborde & Webtuiste