Ref No:N193.1\2010
Status:
Start Date:07 Oct 2010
Closing Date:07 Dec 2010
KOUGA MUNISIPALITEIT (EC108)
KENNISGEWING NR 196/2010
VEREFFENING VAN EIENDOMSBELASTING
Die Munisipaliteit wens hom hierby te distansieer van die dreigende aksies van ‘n Belastingboikot en versoek eiendomsbesitters ernstig om die gevolge van deelname aan enige onwettige optrede sorgvuldig te oorweeg.
Ons is ‘n wetsgehoorsame gemeenskap en hoewel alles nie so rooskleurig is soos ons dit graag sou wou hê nie, is daar tog ‘n aansielike getal fasiliteite en geriewe, insluitende dienste, wat nie elders beskikbaar is nie.
Ondanks enorme agterstande is daar heelwat positiewe gebeure binne ons gebied waaraan die nuwe demokratiese orde ernstig aandag aan skenk om die lewenskwalitiet van al ons inwoners te verbeter.
Eiendomsbelasting vir die nuwe belastingjaar is met ingang van 1 Julie 2010 verskuldig en die afsluitingsdatum vir diegene wat hul belastings jaarliks betaal, is 30 September 2010.
Gegewe die streng finansiële beperkings in die begroting word ‘n beroep op elkeen gedoen om hul belasting stiptelik te betaal aangesien ons ook finansiële verpligtinge het wat nagekom moet word. Dit is ongelukkig dat die waardasie appél-proses so lank neem om afghehandel te word, maar dit is buite die beheer van die munisipaliteit wat verbind is tot die nakoming van die betrokke wet wat bepaal dat die indiening van ‘n beswaar nie ‘n persoon vrystel van sy aanspreeklikheid om belasting binne die vasgestelde datum te betaal nie.
Dit doen die munisipaliteit egter genoë om aan te kondig dat besware waar die Waardeerder toegewings gemaak het en appél nie aangeteken is nie, nou geprosesseer word en die krediete op die volgende rekenings sal verskyn.
U word daaraan herinner dat ons ‘n verantwoordelikheid het om te verseker dat die finansiële sake van die Raad op ‘n besigheids-wyse bedryf word, en dit sluit in uitvoering van kredietbeheer en skuldinvordering wat binne die volgende twee weke ywerig toegepas sal word.
Indien u probleme ondervind met die betaling van u rekeninge, moet u asseblief die munisipaliteit nader om vas te stel hoe ons u behulpsaam
Die munisipaliteit strewe om ‘n gesonde, gelukkige en wedersydse voordelige verhouding met die gemeenskap te bewerkstellig.
DR E.M.RANKWANA Posbus 21
MUNISIPALE BESTUURDER Jeffreysbaai
6330