Ref No:N62\2010
Status:
Start Date:28 Apr 2010
Closing Date:21 May 2010
KOUGA MUNISIPALITEIT
KENNISGEWING NR: 62/2010
VOORGESTELDE WYSIGING VAN MUNISIPALE BELASTINGBELEID
Na aanleiding van die bepalings van artikel 3(2) die Wet op Munisipale Belastings Nr 6 van 2004 saamgelees met artikels 5(1) en(2) van die Wet word kennis hiermee gegee dat die Raad, in die lig van enige kommentaar, opmerkings waarnemings en/of voorstelle wat ingedien mag word, oorweging daaraan sal skenk om die beleid te wysig in oorleg met die goedkeuring van die 2010/11 Begroting.
Skriftelike kommentare, insette, wysigings toevoegings en/of weglatings na gelang van die geval word hierby van belanghebbende persone of partye ingewag en moet die ondergetekende voor 21 Mei 2010 bereik.
Afskrifte van die Beleid lê ter insae by alle Munisipale kantore en biblioteke (gedurende kantoorure) sowel as op die webwerf http://www.kougamunicipality.gov.za/.
Rig asseblief alle navrae aan Peter Gerber by telefoon 042 2002 217 of e-pos pgerber@ec108.org.za.
DR. E M RANKWANA POSBUS 21
MUNISIPALE BESTUURDER JEFFREYSBAAI
6330
Die Burger: 30 April 2010
Kennisgewingbord
Webruimte